Francois Meyer

Francois Meyer is 'n jong digter, skrywer en dromer. In sy eie woorde beskryf hy homself as 'n kunstenaar wat in kreatiewe vryheid glo. Hy het in 2019 sy B.A.Hons.-graad in Kreatiewe Skryfkuns cum laude verwerf. In 2017 sowel as 2020 het hy verskeie toekennings by Ink Skryf in Afrikaans ontvang, in 2018 'n toekenning by Radio Rosestad vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur en sy werk is al in talle bloemlesings opgeneem. Sy gedigte het ook al deel van die AVBOB Poetry-projekte gevorm en hy het die topvyftien van 'n LitNet-poësiekompetisie behaal. 

Francois het reeds vyf digbundels, 'n prosaboek en drie omnibusse gepubliseer. Dit is sy passie om verskeie sosiale kwessies deur poësie aan te spreek en hy deel op so 'n kreatiewe wyse ook sy getuienis en verhaal. Sy prosaboek, "Die wêreld deur haar oë", is gebaseer op 'n ware verhaal – geïnspireer deur sy ma se stryd met die outoïmmuunsiekte, Lupus. Dié publikasie is op 28 Mei 2018 as 'n e-boek op Kobo Books vrygestel. Die e-boek het binne 24 uur 'n topverkoper geword in vier kategorieë, onder andere: niefiksie, medies, gesondheid & welstand en siektes.

As 'n selfpubliserende skrywer en digter het hy in die eerste sewe jaar van sy skryfloopbaan reeds meer as 10 000 publikasies verkoop (e-boeke ingesluit), en so bemoedig hy ook graag ander voornemende skrywers en digters om hulle drome na te streef. "Ons elkeen het 'n talent van God ontvang en het soveel potensiaal om te ontgin." Hy kan ook as 'n motiveringspreker bespreek word. "As jou drome jou nie bangmaak nie, dan droom jy nie groot genoeg nie!"

Koop publikasies deur Francois Meyer via Oasis Honey se aanlyn winkel.

Kontak Francois ...

Sluit aan op Francois se Facebook-blad

Webtuiste: www.francoismeyer.co.za

E-pos: info@francoismeyer.co.za