Hosanna

Hosanna (gestig deur dr. Leonie Pretorius) is 'n interkerklike bediening wat regoor Suid-Afrika en aanlyn bedien. 

In haar eie woorde: "As ek ooit op jou moet afkyk, dan sal dit wees om jou op te help. Sou ek op jou platform bedien, sal dit wees om almal wat wil hoor nader aan God te bring sodat hulle besef watter vryheid Jesus gebring het om hulle KINDERS VAN GOD TE LAAT word; dat hulle gevul sal word met God Die Heilige Gees, om te leer dat GOD LIEFDE IS, DAT JESUS DAARDIE LIEFDE KOM WYS HET EN DAT HEILIGE GEES ONS DAARDIE LIEFDE LAAT ERVAAR. Ek en hierdie span van HOSANNA IS HIER en wil jou leer: KIES DIE LEWE, KIES DIE SEËN!


Elke Woord wat uitgaan is gebaseer op die volgende: "Jesus antwoord hom: Ek is DIE WEG en DIE WAARHEID en DIE LEWE; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." (Johannes 14:6)

Jesus roep jou vandag om Hom te volg (DIE WEG) tot in die WAARHEID dat God jou liefhet en dit bewys het waar Jesus aan die kruis vir jou gesterf het, sodat wanneer jy Jesus aanneem as jou Verlosser, jy nie meer verlore kan gaan nie, maar die ewige lewe sal hê (Johannes 3:16). Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; Die Heilige Gees sal dan ook jou getuienis raak dat God jou Abba Vader is en jy 'n kind van Hom is (Romeine 8:16) (DIE LEWE).

Uit genade sal jy uit die preke kan aflei dat my roeping en salwing is om jou nader aan God Drie-Enig te bring (Lukas 15:11-32)."


Hosanna het 'n gratis app waarop dr. Leonie se preke gekyk kan word, haar dagstukboek "Sweef" gratis gelees kan word, Hosanna se blog en weeklikse nuusbriewe gevolg kan word, en vele meer. Klik hier vir meer inligting oor Hosanna se app. Volg dr. Leonie op YouTube en SoundCloud vir selfs meer preke en boodskappe.


Kontak Hosanna

Sluit aan op dr. Leonie se Facebook-blad

Webtuiste: www.leoniepretorius.co.za

E-pos: info@leoniepretorius.co.za