Kreatio

Het jy al ooit aan jou skryftalent as 'n geskenk gedink? Iets wat deel is van wie jý is. Jy het hierdie toegedraaide geskenk ontvang, en iewers in jou lewe het jy dit ontdek en begin oopmaak. Dalk was dit toe jy jou eerste gedig of kortverhaal geskryf het. Mettertyd besef jy dat jy hierdie geskenk met ander moet deel. Kreatio bied aan jou die geleentheid om daardie talent te verpak en toe te draai, sodat jy dit as 'n geskenk aan jou lesers kan bied.


Jou talent is ‘n geskenk van God af, en wat jy daarmee doen, is jou geskenk terug aan Hom. Elkeen is met ‘n unieke talent gebore. Selfs skrywers en digters het unieke talente, want jou skryfstyl is wat jou werk uniek maak. Niemand is met vaardighede gebore nie. Vaardighede en kennis is dinge wat ‘n mens in die lewe leer. Wanneer jou Godgegewe talent, kennis en vaardighede ontmoet, dan leef jy die doel van jou unieke talent ten volle uit.


Kreatio bied leiding aan die skrywer om sy/haar manuskrip drukgereed te kry — vanaf die baadjie wat die boek aantrek tot by die inhoud en fynere detail. Kreatio dien as 'n vertoonvenster waar ontluikende sowel as bekende skrywers en digters blootstelling en erkenning kan geniet. Dit is vir ons belangrik om jou unieke skryfstyl met die nodige kennis en vaardighede te ontwikkel. Die pad wat ons met elke skrywer/digter stap is uniek en individueel. Kreatio oogmerk om 'n platform vir selfpubliserende skrywers en digters te skep, en sodoende die stigma dat selfgepubliseerde werk van minderwaardige gehalte is te blus.

Kontak ons ...

Sluit aan op Kreatio se Facebook-blad

Webtuiste: www.kreatio.co.za

E-pos: info@kreatio.co.za